Chris Wait

Chris  
  Wait

Tuisblad
Ek
CD’s
Luister
Lirieke
Bestel
Optredes
Vertel
Kontak

67832

Ek


My eerste herhinnering van ’n kitaar was op verlangse familie se skaap-plaas in Namakwaland, die plaas se naam was Strydfontein en ek was nog klein genoeg sodat die wêreld grensloos voorgekom het. Alles was reusagtig, so ook die oorweldigende gevoel van vreugde toe die grootmense die aand instrumente uithaal en begin musiek maak het. Dis een van my eerste herhinneringe. Die enigste ander ding wat ek onthou van daai tyd was hoe die oom die hoenders kon laat slaap deur sy hoed oor hulle koppe te sit. What bliss it seemed.

 

Na dit het kitare my ontwyk, asof hulle kon sien dat daai eerste ontmoeting te profound was en dat my fragile mind dalk in twee sou skeur van vreugde as hulle hulself te vinnig aan my openbaar. Op skool het ek ’n kitaar uit ’n olieblik en vislyn gemaak en saam met Bob Marley en sy tydgenote gejam, dit was lekkerder as masturbasie, wat toe nog ’n nuwe profound experience in eie reg was. Somehow het die stroefheid van die Vrystaat myndorp my eventueel laat glo dat musiek nie hoort op so sad plek nie, en dat mense soos ek wat al die liefdeloosheid aanskou en meestal te bang is om my bek oop te maak, nie waardig is om ’n instrument te bespeel nie.

 

Jare later, nadat ek  reeds besluit het dat universiteit en ’n 9-5 job defnitief nie vir my is nie, het ek in ’n werkershuisie in Jonkershoek net buite Stellenbosch ’n herontmoeting gehad. Ek het in my kombuisie gesit en aarselagtig op my vriend se kitaar getokkel, sommer net soos ek gedink het ek moes, en ek onthou sy woorde: “Jy’s fuct.” Veel later het ek besef dat hy reg was, ek was nog altyd ‘fuct’ en musiek en poetry is al wat ek nog altyd wou doen, come hell or high water.

 

Wel, ek het nog steeds baie van beide, maar dis ’n klein prys om te betaal.