Chris Wait

Chris  
  Wait

Tuisblad
Ek
CD’s
Luister
Lirieke
Bestel
Optredes
Vertel
Kontak

84714

Wolwe in die Bos

Visser

van die CD
Visser

Eerste
< Vorige Volgende >

Wolwe in die Bos

 

Die wolwe wag in die bos en jy moet nou gaan

die wolwe is honger en huil vir die maan

 

en ek het nog nooit die liefde verstaan nie

ek weet net ek wil nie hê dat jy nou al moet gaan nie

en ek het nie die mooi dinge waarna jy vra nie

en ek hoop hierdie dinge is goed wat nie pla nie

 

die bos is moerse oud en die paadjie is nou

die skemer lyk koud en ysig en blou

 

en jy sê jy moet nou gaan weg van hierdie woud

waar die ligte aanhou glinster na die stede van goud

na die paleise langs die see met welbekende weë

waar mans die aarde ploeg om jou dinge te kan gee

 

en jy nooi my saam en jy roep my naam

 

wil jy nie asseblief nog net ’n kort rukkie bly nie

want ek het jou so lief soos ek myself nie mag kry nie

hier is plek genoeg vir twee want hierdie woud is groot

hier is visse en voëls hier is bullybeef en brood

 

maar die wolwe wag in die bos en die skemer word dig

 

so vat jou goed en loop maar en moenie omkyk vir my

jou koets staan gereed en dis dalk beter dat jy ry

my wonde sal genees solank ek hier bly

en eendag as die son kom word ek wyser en raak ek vry


< Vorige Eerste Volgende >