![]() 84713 |
Wenteling
Die son jaag die maan elke wenteling ’n nuwe baan die skemer bly onverstaan soos ou skepe wat vergaan
die see jaag die sand elke brander ’n nuwe land die gety wie verstaan soos ’n stroom hou alles aan
ons jaag na die wind om die kaai ons boegte met skatte oorlaai
die land is versteen met die glinster van die leuen die sand is verstaan soos die kind in die maan
ons jaag na die wind om die draai ons voete van klei is oorlaai
die vrou hou die vlam elke kind is ’n slang die man hou die uur elke tree nog ’n muur
die vlug van ons voette veraai die pad wat ons loop reeds besaai
’n nuwe lewe ’n nuwe dood met die grense word ons groot die liefde en die haat by die een vind die ander baat
|
|||||||||||||||||||||||