![]() 84712 |
Stof
Dis die somber lig van ’n dooie aand met die laaste wind verleë soos ’n kind die nag lê voor met die maan getoor sterre wat kantel deur ’n donker mantel
en die nag se slang maak die kinders bang ou stories uit die donker wil vir baba vang en die jakkalse huil oor die vlakte heen maar die benoude mure is gemaak van steen
die skemer kwyn weg en die berge verdwaal agter klowe verborge waar die siel verdwaal in die landskap vol waas gaan wandel die kind die swerwer word vry om die skat te kry
tussen ou mans wat voëls vashou ’n figuur in die nag se ysterkou en met die wandel begin die kind onthou hierdie skimme van nêrens tussen my
op verspoelde weë met verlore treë die skadu’s blou wil die kind vashou en die paadjie blink en die dubbeltjies brand want die pad is lank na die ander kant
dis net krummels vir voëls deur die winde verstrooi water teen die kant wat skepe omgooi drenkeling strome in die duiwel se mou vissies en drome in die water se blou
so loop ons saam onder die maan en die nag word oud en die winde word koud en die wêreld so oud lyk klein en kil die vure brand vêr teen die rand
dis net klanke in holtes wat die blindes verlei hande voor my oë wat my rigting bestry om te ry of te gly tussen sand en stof tussen sterre in die veld word die rante dof
|
|||||||||||||||||||||||