Chris Wait

Chris  
  Wait

Tuisblad
Ek
CD’s
Luister
Lirieke
Bestel
Optredes
Vertel
Kontak

84712

Stof

Visser

van die CD
Visser

Eerste
< Vorige Volgende >

Stof

 

Dis die somber lig van ’n dooie aand

met die laaste wind verleë soos ’n kind

die nag lê voor met die maan getoor

sterre wat kantel deur ’n donker mantel

 

en die nag se slang maak die kinders bang

ou stories uit die donker wil vir baba vang

en die jakkalse huil oor die vlakte heen

maar die benoude mure is gemaak van steen

 

die skemer kwyn weg en die berge verdwaal

agter klowe verborge waar die siel verdwaal

in die landskap vol waas gaan wandel die kind

die swerwer word vry om die skat te kry

 

tussen ou mans wat voëls vashou

 ’n figuur in die nag se ysterkou

en met die wandel begin die kind onthou

 hierdie skimme van nêrens tussen my

 

op verspoelde weë met verlore treë

die skadu’s blou wil die kind vashou

en die paadjie blink en die dubbeltjies brand

want die pad is lank na die ander kant

 

dis net krummels vir voëls deur die winde verstrooi

water teen die kant wat skepe omgooi

drenkeling strome in die duiwel se mou

vissies en drome in die water se blou

 

so loop ons saam onder die maan

en die nag word oud en die winde word koud

en die wêreld so oud lyk klein en kil

die vure brand vêr teen die rand

 

dis net klanke in holtes wat die blindes verlei

hande voor my oë wat my rigting bestry

om te ry of te gly tussen sand en stof

tussen sterre in die veld word die rante dof


< Vorige Eerste Volgende >