Chris Wait

Chris  
  Wait

Tuisblad
Ek
CD’s
Luister
Lirieke
Bestel
Optredes
Vertel
Kontak

84710

Reën

Visser

van die CD
Visser

Eerste
< Vorige Volgende >

Reën

 

Ek hoop dit reën as ek jou weer sien

ek hoop die droogte word gebreek

dat poele met water die aarde beloon

met refleksies van wolke wat die dag omsoom

 

ek het jou lief gehad soos die oggendson

jou laaste lig was goed vermom

in die skyn van die maan mooi woorde gepraat

die nag was stom en onaangeraak

 

in die spore van ou verlore tree

lê die verlate droom soos ’n diep blou see

met sterlig in jou hare was die leuen op jou tong

die nag het geval en gebreek


< Vorige Eerste Volgende >