![]() 84709 |
Onder die Biesiesvlei
In die oggend word ek wakker met die son wat my lei en die paadjie na die water word die dubbel in my sy
en die paadjie is nou maar die poorte is groot tussen berge by Biesiesvlei
en die paadjie is oud en die trappe is koud tussen berge by Biesiesvlei
die voëls hou my dop en die kraaie sit en gaap Westerwind gee die rigting ek word wakker uit my slaap
en die lug is benoud in die donker woud tussen berge by Biesiesvlei
en die klippe word goud en die mense word koud tussen berge by Biesievlei
ek wandel soos ’n herder op die pad na die vlei die wolwe hou my dop hulle pelse is van sy
en die dag stap aan op pad na die maan tussen berge by Biesiesvlei
en die son word groot soos die winde stoot tussen berge by biesiesvlei
my nooi wag by die biesies haar oë lê op die vlei in haar vloei die water soos hande wat my lei
en die wêreld is groot en die hemel naby tussen berge by Biesiesvlei
en die kollig is dood en vryheid naby tussen berge by Biesiesvlei
|
|||||||||||||||||||||||