Chris Wait

Chris  
  Wait

Tuisblad
Ek
CD’s
Luister
Lirieke
Bestel
Optredes
Vertel
Kontak

84708

Om die Stilte te Breek

Woorde in ’n Huis

van die CD
Woorde in ’n Huis

Eerste
< Vorige Volgende >

Om die Stilte te Breek

 

Wie sal eerste wees om die stilte te breek

tussen jou en my

 

droewig lê die maan onbewus van sy bestaan

binne jou en my

 

en die wind hou vas aan ons jare

en die land stol bloed in ons are

 

wie sal eerste wees om die brood te breek

tussen jou en my

 

sagemoedig is die see verskuil in vreemde weë

binne jou en my

 

en die winter werp vuur op ons jare

en die berge sit steen in ons are

 

wie sal eerste wees om die grond te breek

tussen jou en my

 

lieftallig is die son ’n vaderlike bron

binne jou en my

 

en kleine kinders werp lig op ons jare

en die verlore tyd brand wit in ons are

 

wie sal eerste wees om die stilte te meet

waarteen die lewe stry

 

en wat sal ons daar kry en wat moet ons bely

voordat ons daar kom

 

en die wind waai weg al die jare

en die see stol bloed in ons are


< Vorige Eerste Volgende >