Chris Wait

Chris  
  Wait

Tuisblad
Ek
CD’s
Luister
Lirieke
Bestel
Optredes
Vertel
Kontak

84707

Net ’n Bywoner Hier

Woorde in ’n Huis

van die CD
Woorde in ’n Huis

Eerste
< Vorige Volgende >

Net ’n Bywoner Hier

 

Ek sien hom deur splinter glas

van ’n desperate sidewalk kafee

deur ’n venster vol verlange

dof met winters in tyd gesmee

 

en as die dag oud word

met skadu’s vroom en klein

weet ek hy is net ’n bywoner hier

met aalmoese vir sy pyn

 

alleen swerwer in die niet

akteur in die skyn

en alle sterre sal verskiet

soos geheime wat verdwyn

 

en ek groet hom met stille woorde

en volg sy gang met hartseer oë

dan speel ek my skril akkoorde

en rig my skaam vertoë

 

en in die desparate sidewalk kafee

wag almal op sy gang

en skree met stil gebare

soos kinders wat verlang

 

alleen swerwer in die niet

akteur in die skyn

en alle sterre sal verskiet

soos geheime wat verdwyn


< Vorige Eerste Volgende >