Chris Wait

Chris  
  Wait

Tuisblad
Ek
CD’s
Luister
Lirieke
Bestel
Optredes
Vertel
Kontak

84706

Is daar ’n Engel in Langstraat Vanaand?

Woorde in ’n Huis

van die CD
Woorde in ’n Huis

Eerste
< Vorige Volgende >

Is daar ’n Engel in Langstraat Vanaand?

 

Is daar ’n engel in Langstraat vanaand?

’n soeker tussen ligte en die dealers op straat

en se my het jy hom dalk iewers gesien?

tussen skares soos waters in in ’n cowboy bar miskien

en se my het hy jou dalk iets gevra

soos weet jy waar my huis is en jammer om te pla

het hy dalk weerloos teen jou kom staan

en gespoeg en geskel gepla met die maan

gedompel in die koors van nog ’n aand

vol spoke en duiwels en soekers van die dag

geblinddoek met drome oor haar

en die beloftes van strome wat geheime openbaar

 

daar was ’n engel in Langstraat gistraand

ek het hom hoor roep oor die dakke

deur die stegies van die Kaap

daar was ’n engel in Langstraat gistraand

ek het hom sien soek tussen sakke

vol gedagtes uit sy slaap

 

is daar ’n engel in Langstraat vanaand?

wat dans tussen skares op die suidooster se maat

is daar ’n engel in Langstraat vanaand?

en herken jy hom tussen mense in die stegies van die Kaap

 

daar was ’n engel in Langstraat gistraand

ek het hom hoor roep oor die dakke

deur die stegies van die Kaap

daar was ’n engel in Langstraat gistraand

ek het hom sien soek tussen sakke

vol gedagtes uit sy slaap


< Vorige Eerste Volgende >