![]() 84705 |
In die Lente
Glo jy nog in die drome van kinders in die lente in die kaalvoet-waarheid van ’n lag in die geluk van onskuld sonder rand sonder sente in die blou lug wat strek sonder dak
eens was almal kinders in die tuin van die lente sonder die wete van die winter wat wag nou is ons verslaaf en ons tel die sente in die winter het ons vergeet om te lag
die lewens van ons kinders word ge-oes soos koring die geweld van die wêreld bloei in die nag die lam en die leeu het mekaar verskroei in die poorte van die paradys staan ’n wag
wolke van onweer in die lug met die haat slaan die liefde op vlug ons gewetens dra swaar aan die gewig soos junkies verslaaf aan die klug
geen blomme vir die oes in die landskap vol roes geen genade in die glinster-stede vol glas ons is slawe van die vrees om vry te wees verlore swerwers in die greep van mag
sal ons baklei oor die maan en of God wel bestaan en of die see behoort aan die mens sonder besit en sonder geld raak ons ontslae van die geweld ’n aarde sonder eiendom of eienaar
die son en die maan het lank reeds bestaan in die drome van kinders sonder skuld die haat en die nyd sal eendag verdwyn in die drome van kinders wat aanhou glo
die liefde is riviere in vloed met die water was ons weg die bloed die aarde is tydelik en dis goed soos die storms en die oorloë wat woed
|
|||||||||||||||||||||||