Chris Wait

Chris  
  Wait

Tuisblad
Ek
CD’s
Luister
Lirieke
Bestel
Optredes
Vertel
Kontak

81871

Iewers in April

Woorde in ’n Huis

van die CD
Woorde in ’n Huis

Eerste Luister
< Vorige Volgende >

Iewers in April

 

Iewers in April

laat die aand het jy gebel

en die woord was te klein vir die oomblik

 

iewers in April

het ek die aand se sterre getel

en die koord was te dun vir my drome

 

en soms bly ’n sirkus se leeus ongetem

as die nar sy stil tralies erken

en die applous verdoof die skadu’s se stem

as die gehoor in eenvoud hul spieëlbeeld verken

 

iewers in April

het ek na jou verlang

en my liefde was te groot vir die aarde

 

iewers in April

was die nag oud en bang

en die dag het vergroot in waarde

 

en soms bly ’n skilder se doek ongeverf

soos hoop op uitkoms ’n skilders dood sterf

en party van ons sal altyd aanhou moet swerf

om prentjies en hoop vir die skares te werf

 

iewers in April

laat die aand get jy gebel

en die woord was te klein vir die oomblik


< Vorige Eerste Volgende >