![]() 84704 |
Ek en Jy
Ek en jy hoe vêr het ons om te gaan amandel oë en pêreltrane op die tweede vloer in Victoria laan
ek en jy weet van mekaar se bestaan lelie hande en fluister woorde op die tweede vloer in Victoria laan
is daar dalk ’n toekoms vir ons tussen die kinkels in paaie in ’n sprokies boek se blaaie is daar ’n Hollywood einde vir ons in duister toekoms draaie in ou verborge laaie
ek en jy hoe vêr het ons om te gaan jou donker stem het my gewen op die tweede vloer in Victoria laan
ek en jy weet van mekaar se bestaan het ek jou verloor het ek jou gewen op die tweede vloer in Victoria laan
so kan ek aan jou kaai kom lê my kop doop in jou water vergeet van nou tot later kan ek luister wat jou lyf wil sê my dompel in jou juwele en saam bou aan jou kastele
|
|||||||||||||||||||||||