![]() 84703 |
Dwaalkind
Die dwaalkind het gekom die dwaalkind is hier ’n grendel word gebreek in die na-naguur sy skoene trap spore deur die vuur hy is op soek na môre maar môre is hier
hy reis deur die woestyn en oor die wye see sy liggaam is lig hy het alles oorgegee in die doolhof van die wêreld lê die vergete tree van iemand wat was is nou ’n vis in die see
die dwaalkind raak verlore in die mis van tyd besittings is verbode als is vêr en wyd nog ’n swerwer is gebore onder die Suiderkruis ’n pot goud is belowe maar sonder kaart of huis
in die oog van die maan word die kind ’n kraai rigting raak verlore met die wind wat waai sy tog laat geen spore tyd het hom verraai die einde van die pad bly net om die draai
die dwaalkind is gebore sy pad vêr en wyd tussen sterre is hy verlore die hemel oopgesluit hy vlug deur engel-kore hy klop aan die ruit wie oopmaak raak verlore dis die end van ’n stryd
|
|||||||||||||||||||||||