![]() 84702 |
Dorsland (In Ewigheid)
Drie dae het ek gestap deur die honger-dorstig land die pad het lank reeds beswyk my rigting lank reeds gewyk opsoek na ’n mooi begin om skatte na my te bring maar nou het ek die pad verloor en wie weet wat lê nog voor
in die verte blink ’n dak die bouval lê verstrooi binne sit ’n broer met sy kaarte op die vloer ’n vuurtjie word gestook en kruie word gebrand daar is beelde in die rook en visioene in die sand
daar is ’n storie om te vertel tussen die hemel en die hel en die sweet druk deur my vel maar die storie moet ek vertel
ek sien ’n rietbos in die veld wee figure saamgesmelt nakend in die son die onskuld in die bron die een is man die ander vrou een vir my en een vir jou ’n sagte hand verken die vlam en die bos word ’n vuur
twee figure hardloop deur die veld in ewig draaie vol geweld een is agter die ander voor een hou vrees om mee te toor die lig is net hier voor ons mag die wêreld nie verloor uit die rietbos het ons gekom met ’n leuen naaktheid vermom
die storie is baie oud soos die skadu’s in die woud en hierdie mooi begin sal die einde na my toe bring
|
|||||||||||||||||||||||