Chris Wait

Chris  
  Wait

Tuisblad
Ek
CD’s
Luister
Lirieke
Bestel
Optredes
Vertel
Kontak

84701

Die Voëltuin

Woorde in ’n Huis

van die CD
Woorde in ’n Huis

Eerste
< Vorige Volgende >

Die Voëltuin

 

Ek bly in ’n voëltuin met koue sonder bodems

agter tralies van sy en koepels van glas

 

ek bly in ’n voëltuin met bome vol robyne

en takke van beloftes die blare sag soos was

 

ek bly in ’n voëltuin waar strome blink soos glas

met waters vol geloftes en druppels fyn soos as

 

kom wandel in my voëltuin jy is altyd welkom hier

kom  kuier in my voëltuin hier is so baie om te vier

 

ek woon in ’n voëltuin agter drade van klei

met deuntjies in die lug en woorde sal jy kry

 

ek woon in ‘n voëltuin in die huisie van my

die vensters ’n sprokie met spieëls wat verlei

 

ek woon in ’n voëltuin met mure van beton

met vloere vol robyne in die arms van die son


< Vorige Eerste Volgende >