![]() 84700 |
Dawid was ’n Struikrower
Dawid was ’n struikrower die gesalfde van ’n land
Dawid met sy slingervel en ’n sterk regterhand die veldslag is beplan die slagordes staan gereed en die koning se dogter dra ’n nuwe kleed
Dawid jy is sterker as selfs die leeu en die beer
maar Dawid is jy sterk genoeg om die Koning te keer die velde lê verlore en die kudde is verlaat môre kom jy te staan teen die Koning se haat
die vrouens was vrolik en hulle dogters het gesing baie het gesterf met die bloed hulde gebring maar die Koning is boos en die spies was in sy hand Dawid moet nou hardloop deur die hele land
Dawid kom na my toe sodat ek jou vlees kan gee
vir die voëls en die visse vir die diere en die see die son trek jou bloed jou bene wankel in die hitte skadu’s verdwyn in die wester-gloed ek het solank na jou gesoek
die Koning se dogter is vir jou gegee ’n nuwe-maan-offer tussen woestyn en see en die krygsgeskreeu van ’n menigte kon jou nie keer Dawid ons wag vir jou wanneer kom jy weer
Dawid ek ken jou en die tweestryd van jou hart
tussen die Koning en die liefde lê die dors en die smart jy loop wye draaie in die heuwels en die veld maar Dawid selfs met die twyfel bly jy altyd my held
|
|||||||||||||||||||||||