Chris Wait

Chris  
  Wait

Tuisblad
Ek
CD’s
Luister
Lirieke
Bestel
Optredes
Vertel
Kontak

84699

Aandwind

Visser

van die CD
Visser

Eerste
< Vorige Volgende >

Aandwind

 

Die herd staan leeg op die wintersaand

soos ’n altaar gewas met offerbloed

die gloed het verdwyn saam met die skemer-son

die aandwind blaas vuur in my ysterlong

 

en op hierdie plek waai die silwer gras soos

tralies voor die maan

vingers wat vrugteloos die wind vashou om

om uit niks uit ’n huis te bou

 

sterk skemer keer my vas in hierdie skugter motel

’n opdrifsel op ’n dorre strand

en die droogte sand is glas op my vel

en die donker venster het ’n storie om te vertel

 

en op hierdie plek is almal maar eindelik net

stofkorrels in die son

dryfhout op ’n strand eindloos

met ’n onbekende horison

 

ek is net ’n besoeker in die huis tussen die krake van geboue

en die son op die branders bly op dieselfde relatiewe plek

en die vis blink op die water soos die melkweg daarbo

’n silwer streep in die donker om rigting te gee

maar dit bly net ’n refleksie van wat skyn onderste-bo

soos ’n gesig in die spiëel in ’n sekonde vervloë

 

en my huis is elders op ’n plek vêr van hier

waar die winde nooit gaan lê

en ek verlang na jou as die son opkom

en ek weet daar is eintlik niks te sê


< Vorige Eerste Volgende >