![]() 84699 |
Aandwind
Die herd staan leeg op die wintersaand soos ’n altaar gewas met offerbloed die gloed het verdwyn saam met die skemer-son die aandwind blaas vuur in my ysterlong
en op hierdie plek waai die silwer gras soos tralies voor die maan vingers wat vrugteloos die wind vashou om om uit niks uit ’n huis te bou
sterk skemer keer my vas in hierdie skugter motel ’n opdrifsel op ’n dorre strand en die droogte sand is glas op my vel en die donker venster het ’n storie om te vertel
en op hierdie plek is almal maar eindelik net stofkorrels in die son dryfhout op ’n strand eindloos met ’n onbekende horison
ek is net ’n besoeker in die huis tussen die krake van geboue en die son op die branders bly op dieselfde relatiewe plek en die vis blink op die water soos die melkweg daarbo ’n silwer streep in die donker om rigting te gee maar dit bly net ’n refleksie van wat skyn onderste-bo soos ’n gesig in die spiëel in ’n sekonde vervloë
en my huis is elders op ’n plek vêr van hier waar die winde nooit gaan lê en ek verlang na jou as die son opkom en ek weet daar is eintlik niks te sê
|
|||||||||||||||||||||||